Wiskunde & Tegniese Wiskunde

VAKBELEID

Benadering tot die onderrig van Wiskunde; Tegniese Wiskunde:

  • Wiskunde word aangebied in Graad 8, 9, 10, 11 en 12
  • Die hoof tydrooster van die skool allokeer 12 periodes per siklus aan Wiskunde.
  • Tegniese Wiskunde word aangebied in Graad 10, 11 en 12.
  • Die hoof tydrooster van die skool allokeer 12 periodes per siklus aan Tegniese Wiskunde
  • Die lesse, informele asseseringstake en formele asseseringstake moet altyd in lyn wees met die “ATP”, Eksamen riglyne en Kurrikulum en Asseserings beleidsdokument.

Asseseringsbestuur

  • Informele assesringstake word deur die onderwyser behartig in die vorm van klas- en huiswerk.
  • ‘n Minimum van vyf informele asseseringstake per week per graad word vereis.
  • Formele Asseseringstake moed deur die HOD gemodereer word voordat leerders dit ontvang.
  • Aantal Formele Asseseringstake moet volgens die Jaarlikse onderwysplan wees soos aangedui in die National Beleidsdokument (CAPS).

Informele Asseseringstake

  • Om te fokus op “Konsepte, Inhoud en Vaardighede” soos voorgeskryf in die KABV dokument.
  • Om gehoor te gee aan “ATP” / Jaarlikse onderwysplan
  • Om te verseker dat al vier kognitiewe vlakke in die informele asseseringstake gedek word.

 Kognitiewe vlak

Beskrywing

1

Herroep

2

Begrip

3

Analiseer, Toepas

4

Evalueer, Sintese

 Formele Asseseringstake

  • Die Formele Asseseringstake moet streng volgens die voorgestrewe Asseseringsprogram / Jaarlikse onderrigplan wees en in lyn met Distrikplan.
  • Voorgeskrewe formele en informele assesseringstake moet deur die onderwyser ontwerp word behalwe in Graad 12 Tegniese Wiskunde wat ‘n Praktiese Asseseringstaak vanaf Nationaal ontvang.
  • Gekontroleerde Toetse word opgestel deur die gegewe Vakonderwyser en moet vooraf deur die HOD gemodereer word voordat toets geskryf word.
  • Halfjaar eksamen word opgestel deur die gegewe Vakonderwyser en moet vooraf deur die HOD gemodereer word voordat toets geskryf word.
  • Voorbereidende Eksamens vir Wiskunde en Tegniese Wiskunde word in Graad 12 opgestel deur die Distrik.
  • Finale Eksamens vir Wiskunde in Graad 8, 9, 10 en 11 word opgestel deur die gegewe Vakonderwyser en gemodereer deur die HOD voor die skryf daarvan, tensy anders aangedui deur Provinsie.
  • Finale Eksamens vir Tegniese Wiskunde in Graad 10 en 11 word opgestel deur die gegewe Vakonderwyser en gemodereer deur die HOD voor die skryf daarvan, tensy anders aangedui deur Provinsie.
  • Finale eksamens vir Wiskunde en Tegniese Wiskunde Graad 12 is ‘n eksterne eksamen opgestel deur Nationale Asseseringsliggaam.
  • Asseseringsprogram vir Wiskunde:

Graad

Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

8 & 9

Opdrag

Toets

Ondersoek

Toets

Projek

Toets

Toets /Eksamen

10 &11

Ondersoek/Projek

Toets

Opdrag

Toets

Toets

Toets

Toets

Eksamen

12

Opdrag

Ondersoek/Projek

Toets

Toets

Toets

Toets

Voorbereidende eksamen

Toets

Toets

Eksamen

  • Asseseringsprogram vir Tegniese Wiskunde:

Graad

Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

10 &11

Ondersoek/Projek

Toets

PAT

Opdrag

Toets

PAT

Toets

Toets

PAT

Toets

Eksamen

12

Opdrag

Ondersoek/Projek

Toets

PAT

Toets

PAT

Toets

Toets

Voorbereidende eksamen

PAT

Toets

Toets

Eksamen

Ontwikkeling van taalvaardighede: Lees en Skryf

Onderwysers in Wiskunde moet daarop bedag wees dat hulle ook betrokke is by die onderrig van taalvaardighede regoor die kurrikulum. Dit is veral van toepassing op leerders waarvan die onderrigtaal verskil van hul huistaal. Dit is belangrik om aan leerders die geleentheid te bied om hul taalvaardighede te ontwikkel en te verbeter in die konteks van die leer van Wiskunde. Dit is dus in die belang van die leerder dat daar geleentheid geskep word om Wiskundige artikels te lees, om verslae te skryf, asook paragrawe en kort opstelle te skryf as deel van assesering, veral (maar nie slegs) as deel van die informele assesering.  

Moderering van Asseseringstake

Moderering verwys na die proses om te verseker dat asseseringstake regverdig, geldig en betroubaar is. Moderering moet geïmplementeer word op skool, distrik, provinsiale en nationale vlak. Alle formele asseseringstake moet gemodereer word voor en na die taak aan leerders afgehandel word. Alle grade (gr 8, 9, 10, 11 en 12) moet gemodereer word.  Moderereing deur die distrik geskied in kwataal 2 ; 3 en 4. 

Daar word verwag dat ‘n onderwyser 

  • Bewyse het van beplanning en voorbereiding.
  • Lêers (Opvoeder se DASS Portfeulje, Vaklêer en Voorbereidingslêer) veilig en gereeld op datum gehou word.
  • Voortdurend deurlopende assesering implimenteer en verseker dat die formele asseseringsprogram gevolg en gekontroleer word.
  • Nasien van alle formele asseseringstake in detail, kontrole van informele asseseringstake op gereelde basis. Byvoeg van handtekening en datum gedurende die nasien proses. Kontole van geskrewe werk van leerders op gereelde basis.
  • Altyd item analise doen na die nasien van toetse en eksamens.
  • Onderwyserlêers en leerders se werk / bewys van prestasie ingehandig word vir monitering en ondersteuning soos vereis.
  • Woon nodige vak-, kring-, distrik- en provinsiale vergaderings of werkswinkels by en gee altyd terugvoer aan die HOD en kollegas en implementer besluite geneem.

 Vak Ondersteuningsvergadering

  • Ondersteuningsvergaderings is van belang vir personeelontwikkeling en die nodige aandag moet daaraan gegee word.
  • Vak ondersteuningsvergaderings moet hoofsaaklik gemik word op indiensopleiding asook die meet van vordering teenoor die beplanning gedoen.

Skoolbesoeke

Vakadviseurs mag moontlik die skool besoek gedurende elke kwartaal

Vir die eerste kwartaal is die hoofsaaklike fokus op: 

  • Beskikbaarheid van Beleidsdokumente
  • Nadenke oor prestasie van finale eksamens
  • Oudit van informele asseseringstake
  • Nakom van die Pace Setter / ATP
  • Inneem en uithandiging van leerderhandboeke
  • Opvoeder en leerder uitdagings

Vir die ander kwartale is die hoofsaaklike fokus op: 

  • Prestasie van leerders in Formele Asseseringstake
  • Item analise
  • Oudit van informele asseseringstake
  • Nakom van die Pace Setter / ATP
  • Inneem en uithandiging van leerderhandboeke
  • Opvoeder en leerder uitdagings