SOSIALE WETENSKAPPE

VAKBELEID

Benadering tot die onderrig van Sosiale Wetenskappe:

 

  • Sosiale Wetenskappe word slegs aangebied in Graad 8 en 9.
  • Die hoof tydrooster van die skool allokeer 7 periodes per siklus aan Sosiale Wetenskappe wat bestaan uit Geografie en Geskiedenis.
  • Geografie en Geskiedenis word nie in ons skool aangebied in Graad 10, 11 en 12 nie.
  • Die lesse, informele asseseringstake en formele asseseringstake moet altyd in lyn wees met die “Pace Setters”, Eksamen riglyne en Kurrikulum en Asseserings beleidsdokument.

 

Asseseringsbestuur:

 

  • Informele assesringstake word deur die onderwyser behartig in die vorm van klas- en huiswerk.
  • ‘n Minimum van vier informele asseseringstake per siklus per graad word vereis.
  • Formele Asseseringstake moed deur die HOD gemodereer word voordat leerders dit ontvang.
  • Aantal Formele Asseseringstake moet volgens die Jaarlikse onderwysplan (ATP) wees soos aangedui in die Nasionale Beleidsdokument.
  • Geografie se Formele Asseseringstake in Graad 8 bestaan uit ‘n Projek een Toets en twee Eksamens.
  • Geskiedenis se Formele Asseseringstake in Graad 8 bestaan uit twee Toetse en twee Eksamens.
  • Geografie se Formele Assesseringstake in Graad 9 bestaan uit twee Toetse en twee Eksamens.
  • Geskiedenis se Formele Assesseringstake in Graad 9 bestaan uit een Toets, een Projek en twee Eksamens.

 

Informele Asseseringstake:

 

  • Om te fokus op “Konsepte, Inhoud en Vaardighede” soos voorgeskryf in die KABV ocument.
  • Om gehoor te gee aan “Pace Setter” / Jaarlikse onderwysplan
  • Om te verseker dat al vier kognitiewe vlakke in die informele asseseringstake gedek word.

 

 Kognitiewe vlak

Beskrywing

1

Herroep

2

Begrip

3

Analiseer, Toepas

4

Evalueer, Sintese

 

 Formele Asseseringstake:

  • Die Formele Asseseringstake moet streng volgens die voorgestrewe Asseseringsprogram / Jaarlikse onderrigplan wees en in lyn met Distrikplan.
  • Gekontroleerde Toetse word opgestel deur die gegewe Vakonderwyser en moet vooraf deur die HOD gemodereer word voordat toets geskryf word.
  • Halfjaar eksamen word opgestel deur die gegewe Vakonderwyser en moet vooraf deur die HOD gemodereer word voordat toets geskryf word.
  • Finale Eksamens vir Sosiale Wetenskappe nl Geografie en Geskiedenis in Graad 8 en 9, word opgestel deur die gegewe Vakonderwyser en gemodereer deur die HOD voor die skryf daarvan, tensy anders aangedui deur Provinsie.

 

  • Asseseringsprogram vir Sosiale Wetenskappe – Geografie:

 

Graad

Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

8

Toets

Eksamen

Projek

Eksamen

9

Toets

Eksamen

Toets

Eksamen

 

  • Asseseringsprogram vir Sosiale Wetenskappe –

    Geskiedenis:

 

Graad

Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

8

Toets

Eksamen

Toets

Eksamen

9

Toets

Eksamen

Projek

Eksamen

 

 

Ontwikkeling van taalvaardighede: Lees en Skryf :

 

Onderwysers in Sosiale Wetenskappe moet daarop bedag wees dat hulle ook betrokke is by die onderrig van taalvaardighede regoor die kurrikulum. Dit is veral van toepassing op leerders waarvan die onderrigtaal verskil van hul huistaal.Dit is belangrik om aan leerders die geleentheid te bied om hul taalvaardighede te ontwikkel en te verbeter in die konteks van die leer van Sosiale Wetenskappe. Dit is dus in die belang van die leerder dat daar geleentheid geskep word om artikels te lees, om verslae te skryf, asook paragrawe en kort opstelle te skryf, oor Geografie en Geskiedenis, as deel van assesering, veral (maar nie slegs) as deel van die informele assesering.  

 

Moderering van Asseseringstake: 

 

Moderering verwys na die proses om te verseker dat asseseringstake regverdig, geldig en betroubaar is. Moderering moet geïmplementeer word op skool, distrik, provinsiale en nationale vlak. Alle formele asseseringstake moet gemodereer word voor en na die taak aan leerders afgehandel word. Alle grade (gr 8 en 9) moet gemodereer word.  Moderering deur die distrik geskied in kwataal 2 ; 3 en 4. 

 

Daar word verwag dat ‘n onderwyser:

 

  • Bewyse het van beplanning en voorbereiding.
  • Lêers (Opvoeder se DASS Portefeulje, Vaklêer en Voorbereidingslêer) veilig en gereeld op datum gehou word.
  • Voortdurend deurlopende assesering implimenteer en verseker dat die formele asseseringsprogram gevolg en gekontroleer word.
  • Nasien van alle formele asseseringstake in detail, kontrole van informele asseseringstake op gereelde basis. Byvoeg van handtekening en datum gedurende die nasien proses. Kontole van geskrewe werk van leerders op gereelde basis.
  • Altyd item analise doen na die nasien van toetse en eksamens.
  • Onderwyser lêers en leerders se werk / bewys van prestasie ingehandig word vir monitering en ondersteuning soos vereis.
  • Woon nodige vak-, kring-, distrik- en provinsiale vergaderings of werkswinkels by en gee altyd terugvoer aan die HOD en kollegas en implimenteer besluite geneem.

 

 Vak Ondersteuningsvergadering:

             

  • Ondersteuningsvergaderings is van belang vir personeelontwikkeling en die nodige aandag moet daaraan gegee word.
  • Vak ondersteuningsvergaderings moet hoofsaaklik gemik word op indiensopleiding asook die meet van vordering teenoor die beplanning gedoen.

 

Skoolbesoeke:

 

Vakadviseurs mag moontlik die skool besoek gedurende elke kwartaal

Vir die eerste kwartaal is die hoofsaaklike fokus op: 

 

  • Beskikbaarheid van Beleidsdokumente
  • Nadenke oor prestasie van finale eksamens
  • Oudit van informele asseseringstake
  • Nakom van die Pace Setter / ATP
  • Inneem en uithandiging van leerderhandboeke
  • Opvoeder en leerder uitdagings

 

 

Vir die ander kwartale is die hoofsaaklike fokus op: 

 

  • Prestasie van leerders in Formele Asseseringstake
  • Item analise
  • Oudit van informele asseseringstake
  • Nakom van die Pace Setter / ATP
  • Inneem en uithandiging van leerderhandboeke
  • Opvoeder en leerder uitdagings