Die skool is amptelik op 12 Augustus 1950 deur Advokaat CR Swart in sy hoedanigheid as Minister van Onderwys op die ou Lugmagbasis geopen.
Dr. P.A. Conradie begin op 11 April 1950 met 30 seuns, 5 personeel, 1 klerk, 1 Huismoeder in opdrag van die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap ‘n Tegniese Skool op Pietersburg. Aan die begin van die tweede kwartaal van 1950 het Dr. Conradie vir ‘n oomblik gewonder of dit dalk ‘n Aprilgrap was.
MAAR
“Toe ek oom Tom Naudé ontmoet, het ek besef dat die Here die verskeidenheid van volke en nasies, maar ook ‘n verskeidenheid van individuele begaafdhede verorden het.”
Jesaja 3:3 noem die knap ambagsman ‘n stut en ‘n steun saam met die aansienlikes.
Tom Naudé is vernoem na mnr J.F.T. (Tom) Naudé, destydse speaker van die Volksraad. Die Naudé-familiewapen in ‘n vereenvoudigde vorm word as Tom Naudé se skoolwapen gebruik.
Die Stadsraad het toestemming gegee dat die leuse van Pietersburg “Labor Omnia Vincit” (Arbeid oorwin alles) as skoolleuse gebruik mag word.
Die skool se verjaarsdag word op 15 April gevier wat ook die verjaarsdag van die skool se beskermheer, wyle Senator J.F.T. Naudé was.
Hoof
Adjunkhoof
Departementshoof
Tale
Departementshoof
Tegnies en IGO
Departementshoof
Wiskunde & Tegniese Wiskunde
Fisiese & Tegniese Wetenskappe
Vakhoof
Vakhoof
Faktotum
Skoolveiligheid
Admin
Admin
Admin
Admin
Admin
Admin
Maatskaplike Werker
Admin
Admin
IT & Konsessie
Admin