Elektriese Tegnologie by Tommies
Waar elke skakel, stroom en stelsel jou toekoms aan die gang sit.
By HTS Tom Naudé is Elektriese Tegnologie ’n keusevak vir Graad 10 – 12 wat jou toerus met praktiese én teoretiese kennis van die elektriese wêreld. Hierdie vak help jou verstaan hoe dinge
werk, en gee jou die vaardighede om self daaraan te bou, herstel en ontwerp.
Kies jou rigting:
• Digitale Stelsels: Fokus op stroombane, sensors, logiese stelsels, elektronika en moderne digitale tegnologie.
• Kragsisteme: Ontleed en werk met huis en industriële bedrading, elektriese motors, transformasies en veilige stroombane.
Jy leer:
• Om met gereedskap, meters en sketse te werk
• Om praktiese en teoretiese probleme op te los
• Hoe energie omskep, beheer en versprei word
• Veiligheidsmaatreëls en tegniese standaarde
Elektriese Tegnologie maak die deur oop na:
• Elektriese ingenieurswese
• Megatronika en elektronika
• Ambagte, installasies en tegniese beroepe
Dink prakties. Werk presies. Bou met energie.
By Tommies gee Elektriese Tegnologie jou die krag om jou toekoms aan te skakel.