By HTS Tom Naudé is Afrikaans méér as net ’n vak – dis ’n brug tussen kultuur, kreatiwiteit en kommunikasie. Of jy dit as Huistaal of Eerste Addisionele Taal neem, ons passievolle onderwysers
help jou om Afrikaans met selfvertroue te praat, skryf, lees én verstaan.
Afrikaans Huistaal ontwikkel jou taalvaardighede op ‘n hoë vlak – van poësie tot debat, van kreatiewe skryf tot teksontleding.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal help jou om effektief te kommunikeer – in die klaskamer, by die werk en in die lewe.
Afrikaans by Tommies:
• Ontsluit geleenthede in studie en beroep
• Bou jou selfvertroue en taalvaardigheid
• Verbind jou met ander – én met jouself