Uit die pen van die Vakhoof

Baie welkom by ons Departement –  AFRIKAANS! Die taal waarin jy so lekker kan lag, huil, liefde verklaar en humor kan toon.

HTS Tom Naudé se Afrikaans Departement spog met die SAOU Nasionale Naaswenner Trofee in die Bevordering van Afrikaans as Akademiese Taal.

Ons passievolle en omgee onderwysers is daar vir elke kind en poog daarin om elke periode van Afrikaans vir hul onvergeetlik te maak en so ‘n liefde vir Afrikaans te kweek.

Ons spog ook met ‘n Leessentrum waar elke leerder in Graad 8 en 9 gratis leesonderrig ontvang in samewerking met LectorSA.

Ons bied die volgende:
• ATKV Redenaars https://atkv.org.za/
• ATKV Afrikaans Olimpiade https://atkv.org.za/
• Internasionele FAK- Ekspo ekspo.fak.org.za/
• Beeld-Ekspo.
• … en nog vele meer!!!!!

Deur die jare het ons al verskeie wenners opgelewer in die bogenoemde kompetisies en spog met Internasionale wenners vir die FAK-Ekspo.

Hier by ons is jy, as leerder, ALTYD WELKOM!!!!

Retha Kilian
Vakhoof-Tale

AFRIKAANS

HUISTAAL

EERSTE ADDISIONELE TAAL

Ons Afrikaans Span

Mrs. | Mev. R. Kilian

Mrs. | Mev. R. Kilian

Departementshoof Tale

Mrs. | Mev. B. Nieuwoudt

Mrs. | Mev. B. Nieuwoudt

Afrikaans Huistaal
Ms. | Mej. L. de Beer

Ms. | Mej. L. de Beer

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Mrs. | Mev. M. Jordaan

Mrs. | Mev. M. Jordaan

Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal

Mrs. | Mev. L. Eybers

Mrs. | Mev. L. Eybers

Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal

HET JY

geweet...?

...naas Harvard Universiteit, is die eerste MBA Graad in Afrikaans by die Universiteit van Pretoria aangebied.
Universiteit van Pretoria
"TUKS"
...Arnoldus Pannevis, ‘n taalkundige onderwyser in die 1800’s, was die eerste persoon was wat die taal “Afrikaans” genoem het.
Arnoldus Pannevis
Taalkundige Onderwyser - 1800's
...Afrikaans is al 96 jaar oud, maar een van die jongste tale ter wêreld.
Volwasse
maar baie jonk!

Ek snork nie! Ek droom ek's n Trekker!

Daar is agt afdelings om van te kies, so daar is iets vir almal.

Inskrywings is GRATIS!

TOMMIES LEESSENTRUM
(in samewerking met LECTORSA)

lees 2x vinniger

onthou makliker

werk meer kreatief met inligting

KITS feite

  • Afrikaans is die enigste Germaanse taal wat in Arabiese skrif getranskribeer is.
  • Afrikaans is die derde jongste Germaanse taal wat amptelik erken is.
  • Afrikaans is die derde grootste taal in Suid-Afrika, naas Zoeloe (11,5 miljoen) en Xhosa (8,1 miljoen).
  • Daar is meer Suid-Afrikaners met Afrikaans as hul huistaal, as Engels.
  • Afrikaans is die 140ste grootste taal ter wêreld. Dit wil gedoen word, aangesien daar 7 000 tale in die wêreld is!!!
  • Meer as 95% van Afrikaans se woordeskat is van Nederlandse oorsprong.
  • Die eerste Afrikaanse woordelys is in 1844 gepubliseer, met die titel “Proeve van Kaapsch taaleigen.”

AFRIKAANS

en die res van die

WÊRELD

Afrikaans is nie net besonders in ‘n Suid-Afrikaanse konteks nie, maar ook in die internasionale wêreld.

Sowat 11% van Namibiese huishoudings gebruik Afrikaans as eerste taal.

Dit word ook as vak aangebied by Amerikaanse, Belgiese, Nederlandse, Poolse en Russiese universiteite.

Daar is 24 miljoen mense wat Afrikaans kan verstaan – wat Afrikaans die enigste Suid-Afrikaanse taal maak wat internasionaal verstaan kan word!

Die feit dat maatskappye soos Microsoft, Google, Facebook en Nokia Afrikaans as keuse-taal gebruik, wys dat Afrikaans ook internasionaal geag word as ‘n groeiende taal.

Afrikaans is die enigste Wes-Germaanse taal wat buite Europa ontwikkel het, boonop het Afrikaans ook vinniger gegroei en ontwikkel as die res. Geen wonder die wêreld is so gefassineer nie!

AFRIKAANS

in die

BESIGHEIDSWÊRELD

n Derde van alle Suid-Afrikaners wat in die LSM groep 9 – 10 val praat Afrikaans en die Afrikaanse mark is verantwoordelik vir ‘n vyfde (R376 miljard per jaar) van die totale spandering van Suid-Afrikaanse verbruikers.

Verkoop jy motors? ‘n Derde van motor verkope in 2015 was deur Afrikaanssprekendes aangekoop.

Verkoop jy annuïteite? Afrikaansssprekendes is vyf keer meer geneig om in hulle toekoms te belê as enige ander taalgroep.

UNIEKE AFRIKAANSE WOORDE

Afrikaans se uniekheid bestaan juis as gevolg van sy diverse invloede

Soos die woord “piesang” en “baadjie” wat weens Maleise invloed ontstaan het

“Gogga” het deur Khoi-Khoi invloed ontstaan

Khoi woorde is ook dikwels net vereenvoudig, woorde soos dagga, boegoe, abba, kamma, aitsa en eina

Het jy geweet die woord “kombuis” is ‘n skeepswoord, want eintlik na ‘n skip se kombuis verwys, maar meer algemeen bekend geword het weens die talle Nederlanders wat per skip na Suid-Afrika gereis het. In Nederlands is “kombuis” eintlik ‘n “keuken”.

HANDIGE WEBTUISTES