Meganiese Tegnologie

Meganiese Tegnologie by Tommies

Waar staal, vaardigheid en slim denke bymekaarkom.

 

By HTS Tom Naudé is Meganiese Tegnologie ’n keusevak vir Graad 10 – 12 wat jou prakties en teoreties voorberei op die wêreld van masjiene, meganiese prosesse en presisie-ingenieurswese.

 

Jy kan spesialiseer in een van drie opwindende rigtings

• Motors – Leer hoe enjins, transmissies en voertuigstelsels werk en onderhou word

• Pas-en-Draai – Ontwikkel vaardighede in metaalverwerking, draaibanke, presisiewerk en
meganiese komponente

• Sweis- en Metaalwerk – Beheers verskillende sweismetodes, strukturele metaalwerk en
praktiese ingenieursvaardighede

 

Jy leer:

• Om gereedskap, toerusting en masjiene veilig en effektief te gebruik

• Tegniese tekeninge en werkstukke lees en toepas

• Meeganiese beginsels en prosesse wat in die industrie gebruik word

• Om praktiese probleme op te los met vaardigheid en tegniese insig

 

Hierdie vak open deure na loopbane in:

• Werktuigkundige ingenieurswese

• Motorwerktuigkunde en ambagte

• Tegniese ontwerp, vervaardiging en herstelwerk

 

Bouer. Maker. Probleemoplosser.

By Tommies gee Meganiese Tegnologie jou die vaardigheid om met jou hande én jou kop te werk en jou plek te vind in ’n tegniese toekoms.

PERSONEEL
Heinrich Heins
Roelof Oosthuizen
Francois Lottering
Clayton Mandelkorn