Kognitiewe vlak | Beskrywing |
1 | Herroep |
2 | Begrip |
3 | Analiseer, Toepas |
4 | Evalueer, Sintese |
Graad | Kwartaal 1 | Kwartaal 2 | Kwartaal 3 | Kwartaal 4 |
8 | Toets | Eksamen | Projek | Eksamen |
9 | Toets | Eksamen | Toets | Eksamen |
Graad | Kwartaal 1 | Kwartaal 2 | Kwartaal 3 | Kwartaal 4 |
8 | Toets | Eksamen | Toets | Eksamen |
9 | Toets | Eksamen | Projek | Eksamen |
Onderwysers in Sosiale Wetenskappe moet daarop bedag wees dat hulle ook betrokke is by die onderrig van taalvaardighede regoor die kurrikulum. Dit is veral van toepassing op leerders waarvan die onderrigtaal verskil van hul huistaal.Dit is belangrik om aan leerders die geleentheid te bied om hul taalvaardighede te ontwikkel en te verbeter in die konteks van die leer van Sosiale Wetenskappe. Dit is dus in die belang van die leerder dat daar geleentheid geskep word om artikels te lees, om verslae te skryf, asook paragrawe en kort opstelle te skryf, oor Geografie en Geskiedenis, as deel van assesering, veral (maar nie slegs) as deel van die informele assesering.
Moderering verwys na die proses om te verseker dat asseseringstake regverdig, geldig en betroubaar is. Moderering moet geïmplementeer word op skool, distrik, provinsiale en nationale vlak. Alle formele asseseringstake moet gemodereer word voor en na die taak aan leerders afgehandel word. Alle grade (gr 8 en 9) moet gemodereer word. Moderering deur die distrik geskied in kwataal 2 ; 3 en 4.
Vakadviseurs mag moontlik die skool besoek gedurende elke kwartaal
Vir die eerste kwartaal is die hoofsaaklike fokus op: